McPherson House CC
Boodskap van Geloof E-boek
Boodskap van Geloof E-boek
Nadat ‘n motorbotsing, ‘n hemelse ervaring en ‘n wonderwerk ons lewens onherroeplik verander het in 2004, het ek geleer elke asemteug en elke nuwe dag is GENADE van God. Aldo, my oudste seun, het ‘n ernstige breinbesering opgedoen as gevolg van die motorbotsing. Hy was in ‘n koma vir maande na die ongeluk en in daardie tyd het Jesus hom op hemelse reise geneem. Hy het die hemel gesien, Moses en Abraham ontmoet en met ander kinders in die hemel gespeel. Jesus het ook vir hom die hel gewys.
Vandag gebruik God vir Aldo om aan Sy bruid te vertel wat hy in die hemel en die hel gesien het en ook om die bruid te waarsku dat die Bruidegom vinnig oppad is. In ons eerste boek, ‘n Boodskap van God, het ek en Aldo ons getuienis volledig beskryf. Al het ek geweet Aldo het die hel gesien, wou hy selde daaroor skryf of praat. Jesus het vir hom gesê hy moet wag tot die tyd reg is. Daardie tyd het nou aangebreek. Jesus het vir hom gesê, “Aldo, gaan sê vir My bruid – WEES GEREED, Ek is op pad.”
Die bruid van Christus moet besef in watter uur ons onsself bevind. Jesus is oppad om ‘n rein en vlekkelose bruid te kom haal vir die bruilofsfees wat voorberei is. Hy het Sy bruid met ‘n vurige passie lief en Hy wil nie hê iemand moet agterbly of hel toe gaan nie. Aldo se beskrywings van sy bonatuurlike ervarings sal jou oë oopmaak vir die realiteit van die hemel en die hel en ook die impak van jou keuses hier op aarde. “Mamma, almal in die hel was gewaarsku.” Om te sterf in jouself en op te staan in Jesus is die heiligmakingspad wat die bruid van Christus stap. Dit is ‘n pad wat net in geloof gestap kan word – wanneer jy glo God is wie Hy sê Hy is.
- Retha McPherson
Share
Couldn't load pickup availability
