McPherson House CC
Boodskap van God E-boek
Boodskap van God E-boek
'n Motorongeluk het ons gesin herroeplik verander. Hoewel ons seun, Aldo, ernstige hoofbeserings opgedoen het, kan ek getuig: God is goed. Hy het my gees wakker gemaak. Ek het hom leer ken as n Heilige God wat nie net my hart, maar my hele lewe wou hê. Terwyl Aldo in n koma was, het hy n bonatuurlike ervaring gehad. Hy was in die hemel. Hy het God, die engele, Moses en Abraham gesien. Aldo het teruggekom met een boodskap: "Jesus Leef!" Die bruid moet haarself gereed maak want die bruidegom kom haar haal.
Aldo se kinderlike handgeskrewe briewe onthul n seldsame kennis en geestelike volwassenheid. Om God se boodskap uit te dra, is sy erns.
Ek bid dat Heilige Gees elkeen wat hierdie boek lees, sal aanraak; dat hulle geestelike oë sal oopgaan en dat elkeen wat daarna soek die oorvloedige lewe wat God vir sy Kinders wil hê, sal vind.
Share
Couldn't load pickup availability
