Skip to product information
1 of 1

McPherson House CC

In Lig en Lewe

In Lig en Lewe

Regular price R 120.00
Regular price Sale price R 120.00
Sale Sold out
Taxes included.

Ons probeer so hard om die persoon te wees wat an-der mense verwag, dat ons dikwels onsself verloor. In haar boek In lig en lewe herinner die bekende Retah McPherson ons dat net God en ons weet wie ons regtig is. Met 101 oordenkings beklemtoon sy dat ons eers in gees en waarheid met God moet verbind voordat ons werklik sal weet wie ons is.
Die oordenkings is in 10 tematiese afdelings ingedeel wat onder andere die volgende insluit:

- die Vaderhart van God (hoe jy God sien)
- jy is ’n kind in die Vader se huis (jou identiteit as Christen)
- breek die bindings (breek los van sonde)
- voorbeelde van bidders uit die Bybel (mans én vroue uit die Bybel wie se lewens groot wendings geneem het as gevolg van gebed)

In lig en lewe laat ook ruimte waar gelowiges persoonlike gedagtes kan neerskryf in hulle daaglikse reis in God se lig terwyl hulle verhouding met God van krag tot krag gaan.

Die bekende Retah McPherson bied In lig en lewe 101 oordenkings, verdeel in 10  tematiese afdelings, vir gelowiges om hul geloof te versterk. Sy beklemtoon dat ons eers in gees en waarheid met God moet verbind voordat ons werklik as mense van God kan leef. By elke oordenking is daar ook plek om jou eie gebed neer te skryf.

Gebed maak ‘n verskil. Abraham het dit geweet. Dawid het dit geweet. Baie mans en vroue in die Bybel het dit geweet. Hulle almal het families gehad en moeilike omstandighede en uitdagings geken, maar hulle het geweet hulle krag le net in God. Hulle het hulle problem biddend na God gebring, hulle harte ondersoek en oopgemaak vir Hom. By Hom het hulle geleer wat sy wil in alle omstandighede in hulle lewe was. Nie een van hierdie mense was perfek nie, maar hulle was daarop gefokus om God te ken. God se beloftes en sy hart vir sy kinders is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. Daarom wil Hy ook jou hart vandag ondersoek, versorg en heelmaak, na jou gebede luister en daarop antwoord volgens sy volmaakte wil. “In Lig en Lewe” sal jou help om God se hart te leer ken, jou eie hart te ondersoek en die mense om jou se harte te verstaan, te help versorg en saam volkome genesing te ervaar. Mag die gebede en geestelike insig in hierdie boek jou deur Heilige Gees lei tot volle genesing en oorwinning.

Vir Retah McPherson en haar gesin was die motorbotsing in 2004 net die begin van ‘n reeks gebeurtenisse wat hulle lewe onheroeplik sou verander.

Aldo en Retah het al verskeie boeke geskryf, onder meer die top-verkoper ‘n Boodskap van God.  Retah staan vandag voltyds in die bediening. Sy reis oor die wereld as ambassadeur van die Koninkryk van God en verkondig die evangelie van Jesus Christus.

Retah en haar gesin is tans gevestig in Stellenbosch, Suid-Afrika.

View full details